
=====================================================================
Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die dinamiek van Afrikaans

VIR baie mense is dit moeilik om 'n geheelprentjie te sien van wat met Afrikaans aan die gebeur is.

Die briewekolomme van Afrikaanse koerante het daagliks briewe van ontevredenes. In die onderwys, die staatsdiens en die openbare uitsaaier 
word Afrikaans sterk benadeel.

Maar aan die ander kant publiseer nuwe skrywers uit die histories-benadeelde gemeenskappe nuwe werke wat aandag trek in Afrikaans. En mense 
met Afrikatale as huistale tree as beplanners en vegters vir Afrikaans as tweede taal in die onderwys op. Etlike van die tagtig 
gelisensieerde gemeenskapsradiostasies saai k in Afrikaans uit.

Later vanjaar verskyn daar 'n boek by J.L. van Schaik met die titel Die dinamiek van Afrikaans in Afrika -- redakteur Christo van Rensburg. 
Dit   gee 'n kort en maklik leesbare oorsig van die ontstaan, groei, huidige stand en toekomsmoontlikhede van Afrikaans. Di oorsig 
verstrek allerlei nuwe inligting oor die verlede, hede en toekoms van Afrikaans, en die publikasie word deur die Stigting vir Afrikaans 
onbdersteun.

Die dinamiek van die totale Afrikaanse gemeenskap soos dit in die Afrikaanse taal tot uiting kom, kan nie maklik onderdruk word nie. Daar 
is iets onstuitbaars aan hierdie stuwende krag in die lewe van al die Afrikaanstaliges gesamentlik. Dit geld deur die geskiedenis heen en 
ook die toekoms in.

Natuurlik is daar allerlei voorbeelde van onreg wat in 'n nuwe bedeling teen Afrikaans gepleeg word. Vanselfsprekend is dit nodig dat die 
Afrikaanse gemeenskap sal aanhou om sulke ongeregtighede bloot te l en wal te gooi daarteen.

Dit sal egter 'n donker dag in die geskiedenis van Afrikaans word as die Afrikaanstaliges so besig raak met walgooi dat hulle nie meer 
goeie energie en 'n raaksienvermo oorhet om nuwe moontlikhede vir Afrikaans aan te gryp nie.

Gelukkig is daar nog baie nuwe moontlikhede vir Afrikaans waaraan Afrikaanse mense innoverend, geesdriftig en opbouend aandag kan gee. 
Hierin is die Stigting vir Afrikaans 'n bondgenoot. So kan Afrikaans planmatig nog verder op plaaslike en nasionale vlak 'n toekomstaal 
word.

Dr. Karel Prinsloo, uitvoerende direkteur van die SvA.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av433.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1997 /// Afrikaans: 'n Landswye opname (AV 4:3) /// 'n Lewe in 
diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3) /// Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3) /// As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3) /// Dis ns 
storie (AV 4:3) /// S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3) /// Afrikaans moet uitreik na Afrika (AV 4:3) /// Koerantprojek 
stimuleer handevat-aksie (AV 4:3) /// Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3) /// Kuns in diens van taal? (AV 4:3) ///

